Christina Engela Se Stories Binnekort Ook In Afrikaans Beskikbaar!


As U lief is om in Afrikaans te lees – en veral opsoek is na wetenskap-fiksie, en het al amper weggekwyn van die lus om UITMUNDENDE wetenskap-fiksie in Afrikaans te lees – is U drome nou op die punt van verwesenliking!

Christina Engela het nou ook ‘n Afrikaanse Winkel blad op haar amptelike skrywer webwerf , waarop haar boeke wat uit Engels vertaal is, sal vertoon!

Die eerste een – ‘Die Dertiende Skip’  – ‘n gratis Afrikaanse vertaling van haar kortverhaal ‘The Thirteenth Ship‘ is klaar daar!

die-dertiende-skip-gratis

‘n Uitreksel uit ‘Die Dertiende Skip’ deur Christina Engela:

“Die enigste vroulike Ruimterower wat ooit enige mate van ware berugtheid bereik het, was die een wat hul die Hel Koningin genoem het. Haar beeld was ‘n nagmerrie oorvol van lang bloed-rooi hare, Gotiese swart grimeering, korsette, en wit, doodsbleke vel. Dit mag soos ‘n Gotiese fantasie vir sommige mense klink, maar – in teenstelling met baie ander professionele vroue wat gewoonweg op sigwaarde geneem word, of deur hul kleredrag, of verskeie ander eienskappe wat aan hulle toegeskryf word as gevolg van hul geslag, het haar reputasie alleen oor – wel, haar werklike reputasie gegaan. En haar reputasie het gemeen dat die Hel Koningin nog minder genade as haar manlike eweknieë bewys het – en dat sy heeltemal, absoluut nie iemand was, wie jy wou rond fok nie. Selfs nie as swepe en kettings jou kienk was nie.

As sy die Duiwel se vrou was, of so was dit gesê – dit is, as Mefistofeles ooit dom genoeg sou gewees het om haar as sy bruid te neem, sou die Hel binnekort nuwe naamborde bokant die portaal vertoon, wat “ONDER NUWE BESTUUR!” gil.

Gerugte het beweer dat sy ten gunste van marteling was, en die meer onwaarskynlike skrik-verhale wat haar wedervaringe aangegee het, het genoem dat sy die bloed van haar slagoffers gesuip het – soos ‘n vampier. Natuurlik, soos die veelvoudige mites wat om die Ruimterowers soos ‘n kwaai warrelwind gedraai het – veral die berugte Ruimterowers, was hierdie dikwels deur die Ruimterowers self opgemaak en hersirkuleer om vrees in die waarop hul geprooi het, te jaag. Die Imperiaale Ruimte Vloot se Skakelburo het beweer dat hierdie mite, sowel as baie soortgelyke mites, net blote propaganda was, soortgelyk aan die valse inligting en intelligensie oorlogvoering wat op die onskuldige burgerlikes beoefen was – en in die aard van sake, heeltemal onwaar was.

Ja, netso!”

Die tweede gratis kortverhaal ‘Wikkel Ruim’, wat vertaal is van die kortverhaal ‘Wiggle Room‘ is amper gereed om afgelaai te word, en wag net vir die groen lig van ‘n paar uitgesoekte lesers!

wikkel-ruim-front

‘n Uitreksel uit ‘Wikkel Ruim’ deur Christina Engela:

“Koud. Nat. Dis ‘n donker en stormagtige nag in ‘n groot stad. n’ Paar straatligte weerspieel in die water saamgevoeg in die straate, bewegingloos behalwe vir die stortreen en die weeklagende wind wat buite ween soos ‘n koue, honger, dakloose heks, wat aan die harte van kinders wie in hul beddens wegkruip, skeur. Ons storie begin hier. Dit begin met ‘n verpleegster.

Nosocomefobie – dit is ‘n min bekende woord wat ”n vrees vir hospitale” beteken. Of hierdie vrees rasioneel is of nie… wel, liewe leser – dis jou besluit. Maar, voor jy besluit, kom ons kyk ‘n bietjie nader na die omgewing van ons heerlike, skrikelende, donker en waansinnige verhaal: 

Die hospitaal was oud, Dit het ‘n geskiedenis gehad waarvan die meeste mense niks geweet het nie – en diegene wat gedink het hulle weet iets, het selde die hele storie geweet. Dit was ‘n baie baie ou storie – amper so oud soos die stad self – en die agterblad van die storie boek was nog oop, wat beteken het dat die storie nog nie voltooid is nie – dat hy sy gif wat dreigend binne gis, nog mag laat uitlek – en die wereld daarmee besmet.

Die Ners. Sy het die gange van die ou hopitaal plat geloop, die langsame, ritmiese kliek van haar hoë-hak skoene het huivering, wekkend teen die teels en in die stille verlatenheid van die vroee ure van die nag geeggo. Bleek-wit outydse buisligte aan die plafon het haar ongerepte wit verpleegster uniform helder wit verskyn – so wit as om amper onwelvoeglik skoon te wees, soos maagdelike, vars gevalle sneeu – of soos iets uit ‘n geykte kommersiel vir ‘n huishoudelike bleekmiddel. Skerpe metaal penne het haar medium-lengte stywe swart gestylde krulle agter haar kop vasgepen. As haar hande – wat die bedpan erg styf vasgegryp het, nie alreeds so doodsbleek was nie, sou hulle ook rondom die kneukels wit gewees het. Die Ners het fyne hande en lange vingers gehad, wat goed versorg gelyk het – glad en vlekkelose in hul voorkomstige jeugdigheid – behalwe waar ‘n klein titseltjie bloed onder haar versigtig gevormde vingernaels vertoon het. Die genoeë glimlag wat oor haar lippe gestel is – haar helder-rooi uiteengesette, vol, geverfde lippe – het aangedui dat sy nie omgegee het nie. Eintelik, dat sy haar werk geniet het.

Die verder dat sy die gang afloop, hoe meer het los en vaste toebehore, beide elektries en medies – en die argitektuur – soos deel van ‘n Gotiese nagmerrie begin lyk. Spinnerakke en stof het teen die mure vasgeklou, en ook teen die ou hout deurrame, koper ligskakelaars en verouderde ligte. Stof het die gryse lank onversteurde vloere gedek, behalwe vir die beweging van haar verbygaan. Hier, in die oudste deel van die leë, uitgestrekte kadawer van ‘n gebou, ondergronds – waar niemand veronderstel was om meer te gaan nie – waar die ligte veronderstel was om af te wees, het dreigende skadus skaamteloos teen die mure gespeel.”

Christina is ook vanplan om Die Galaxii Reeks en Die Kwantum Reeks te vertaal en beskikbaar te maak.

galaxii-banner-afrikaansquantum-series-banner-afrikaans

Meer nuus en vrystellings sal volg soos die vertaling aan gaan – met die bedoeling dat haar hele reeks verhale ook in Afrikaans vertaal word!

Laat weet ons wat jy van die nuwe verwikkelinge dink!

3 Comments (+add yours?)

  1. Trackback: Christina Engela Se Stories Binnekort Ook In Afrikaans Beskikbaar! | Darklady Likes
  2. Trackback: News From The Crow Bar #1 – Jan 2017 | The Crow Bar
  3. Trackback: News From The Crow Bar #2 – Feb 2017 | The Crow Bar

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: